The Book Collector

The Book Collector

We find the books you can't.

13 Jaar in die Skadu van Dr. H.F. Verwoerd – Fred Barnard

R80.00

Prys: R80.00

Uitgawe: Tweede druk

Uitgegee: 1967

Uitgewers: Voortrekkerpers

Kondisie: Hardeband in ‘n baie goeie toestand. Stofomslag met skafiesmerkies en klein skeurtjies om die rande. Ligte verbruining aan die binnekant van die omslag, bladsye andersins in ‘n uitstekende toestand – baie skoon en stewig gebind.

“Fred Barnard is te Plettenbergbaai gebore. Na sy skoolopleiding was sy plan om onderwyser te word, sy plek in die koshuis was reeds  bespreek en sy treinkaartjie in sy sak. Omstandighede het hom egter verplig om sy planne op die laaste oomblik te wysig en na Pretoria te verhuis waar hy by die destydse Departement van Bantoesake aangesluit het. Hier was hy werksaam totdat hy in 1952 tot Privaatsekretaris van dr. H.F. Verwoerd, destyds minister van Bantoesake, bevorder is. Hy het die betrekking vir dertien onafgebroke jare beklee en was terselfdertyd ook Sekretaris van die Bantoesakekomitee. In een van die mees dramatiese  tydperke van Suid-Afrika se geskiedenis – die jare 1958 tot 1961 – het hy dus te midde in die groot gebeure gestaan : die dood van adv. Strijdom, die verkiesing van dr. H.F. Verwoer tot Eerste Minister, Sharpville, die eerste aanslag op dr. Verwoerd se lewe, Republiekwording, die betekenisvolle Statebondskonferensie van 1961 waar dr. Verwoerd Suid-Afrika se eer en selfstandigheid gekies het as rigsnoer van ons voortbestaan. Hieraan het Fred Barnard ‘n aktiewe deel gehad en in hierdie boek lig hy die sluier oor talle van die bogemelde gebeure. Mnr. Barnard is getroud en die vader van drie kinders. Hy woon in Pretoria.”

1 in stock

Description

Additional information

Weight 329 g