The Book Collector

The Book Collector

We find the books you can't.

Briewe van Uys Krige (uit Frankryk en Spanje) – Geredigeer en ingelei deur Peet van Aardt

R190.00

Die Uys Krige-eeufeesjaar (1910 tot 2010) sou ongesiens verbygegaan het as sy briewe uit Frankryk en Spanje nie onlangs by Hemel & See verskyn het nie. Die bundel briewe (440 bladsye) wat meestal aan sy broer Bokkie gerig is, is 80 jaar gelede geskryf uit ’n Europa wat nie meer bestaan nie. Bokkie Krige (wie se voornaam deur Uys as skuilnaam gebruik is) het die teenwoordigheid van gees gehad om die briewe te bewaar. Jy slaan die boek skoon bewoë oop; dit voel byna onbehoorlik om sulke persoonlike korrespondensie te lees, en byna voyeuristies om deur die foto-album te blaai. Daar sit die Goue Seun in die 1930’s op die strand in Nice, maer, gespierd en glimlaggend tussen sy Franse swemleerlinge; hier is ’n foto van die pragtige Spaanse meisie Emilia op wie Uys verlief was en wat teen die einde van die korrespondensie uit sy briewe en lewe verdwyn.

Dit lees soos ’n handleiding vir aspirantskrywers; op ’n ligter trant is dit ’n rekord van die impak wat Afrikaners reeds in die 1930’s op Franse rugby gehad het. Hy vertaal Franse koerantberigte oor sy uitstekende spel (bl. 47; hy is die ster van Toulon en Marseille se rugbyklubs). Waar kry ’n mens vandag professionele spelers wat hul sport so geniet en tegelykertyd die poësie bo sport stel? Wie se briewe vol rugby-anekdotes, maar ook verwysings na skrywersvriende, is? Aldous Huxley, met wie se Vlaamse vrou Krige Afrikaans praat; die Oostenrykse rolprentregisseur Georg Pabst wat hom ’n rol in ’n rolprent oor Don Quixote aangebied het; die Vlaamse skrywer Gerard Walschap; Roy Campbell wie se ‘goeie en selfs entoesiastiese gees teenoor Afrikaners’ volgens Krige aan hom te danke is? Iemand met so ’n liefde vir tale dat hy voortdurend ’n nuwe een aanleer? Krige skryf oor dit wat hy self by sy korrespondente wil hoor: ‘of jy gelukkig is, omtrent rugby, die noiens, wat jy lees, jou vriende, jou tydverdrywe’ (bl. 236).

Prys: 190.00

Uitgawe: Eerste uitgawe

Jaar: 2010

Uitgewers: Hemel en See Boeke

ISBN: 9780620469265

Kondisie: Nuut

1 in stock

Description

Additional information

Weight 1032 g