The Book Collector

The Book Collector

We find the books you can't.

Steeds op die Parlementêre Kolfblad – Japie Basson (Geteken)

R350.00

– Met Insigte oor die Afrikaner en Afrikaans –

Soos sy eerste twee boeke, Raam en rigting in die politiek en Politieke kaarte op die tafel is dié derde ook ’n lekkerlees, met nuwe insigte. Deur hom kry jy ’n blik op Frederik Van Zyl Slabbert se vervanging van Colin Eglin as leier van die PFP en die uitskop van Basson uit die party; Slabbert se boikot van die referendum van 1983 oor ’n driekamer-parlement en sy paradoksale deelname daarna aan die driekamer wat hy met “pure don quichotterie” probeer regverdig; dan sy onverwagse bedanking as leier van die PFP in 1986 en sy uittrede uit die politiek. Dít tot ontsteltenis van die party en die woede van mev. Helen Suzman. Basson sê daaroor: “Ek weet van niemand wat ooit iets van dié aard in die annale van die politiek teëgekom het nie. “’n Kaptein los die skip van sy maaksel sonder stuur en spring voor sy kwaad- en dronkgeslane passasiers oorboord!” Dít, lees jy, is deur joernalis Ken Owen beskryf as “a political betrayal of epic proportions”.
Oor die taaldebat op Stellenbosch verwerp hy Slabbert se stelling dat dubbelmedium “pedagogiese onsin” is. Basson glo die behoud van Afrikaans lê juis by tweetaligheid; Afrikaans moet “as ’t ware in koalisie met Engels” bevorder word, want, haal hy J.P. Landman aan: “Om te sê ons keuse in die toekoms is Afrikaans of tweetalig, is gewoon vals. Die keuse is tweetalig of Engels.”

Prys: R350.00

Uitgawe: Eerste uitgawe

Uitgegee: 2008

Uitgewers: Politika Kaapstad

ISBN: 9780620409063

Kondisie: Sagteband in uitstekende toestand.

1 in stock

Description

Additional information

Weight 650 g