The Book Collector

The Book Collector

We find the books you can't.

Tonele uit ons dorp – Thomas Francois Burgers

R400.00

Tonele uit ons dorp is ’n goedversorgde teks uitgegee deur Africana, wat Brugers se plek in die Afrikaanse literêre kanon sy welverdiende erkenning gee. Dit is ook een van die min Suid-Afrikaanse Nederlandse werke wat vandag nog gepubliseer word.

Die verhale is sketse uit die alledaagse lewe op ’n “Onderveldse” dorp, waarskynlik gebaseer op Graaff-Reinet of Hanover, Burgers se enigste gemeentedorp. Dit bevat hope staaltjies oor belangrike gebeure op so ’n dorp – nagmaal, vendusies, katkisasies. Die verhale is veral deurweef met Burgers se godsdienstige sieninge; en met ’n bietjie grawewerk (indien mens so ’n aanslag tot die boek wou neem) kom sy idealistiese persoonlikheid wat sy presidentskap sou kenmerk, na vore.

Prys: R400.00

Uitgawe: Eerste uitgawe (deur African Uitgewers)

Jaar: 2007

Uitgewers: Africana Uitgewers

ISBN:9780620394512

Kondisiesagteband in goeie toestand – geringe skaafmerke (“shelf wear”) om the rande van die omslag, en voumerk langs die rugkant af. Bladsye van die boek is in uitstekende toestand – so goed soos nuut.

1 in stock

Description

Additional information

Weight 482 g