The Book Collector

The Book Collector

We find the books you can't.

Verhale van die Okavango – Thomas J. Larson

R200.00

Verhale van die Okavango vertel verskeie tipiese Hambukushu-volksvertellings, deels in vertelling en deels in liedjies. Party van die verhale word net in liedjies gehoor, ander slegs in vertelling. Die meeste van die stories vind plaas langs die Okavangorivier in Afrika. Dierekarakters maak kennis met legendariese karakters, Nyambi die god en die Hambukushu. Lees die verhaal van Hoof Chakova, wat op ‘n legendariese reis op soek na sy vader gaan; en die storie van Nyambise wat met spinnerakke na die hemel klim. Ontmoet Kadimba die haas, Ngando die krokodil, Mbwawathe die jakkals wat vir Nthoo die luiperd uitoorlê….en baie ander boeiende karakters. Hierdie oorspronklike volksverhale is aan die skrywer oorvertel deur die drie grootste Hambukushu storievertellers: Setomba, die ou blinde man van Shakawe, Mohore die towenaar, en Samarango, die groot towenaar van Seronga.

– Tekeninge deur Rufus Papenfus

– Vertaal deur P. Grobbelaar

Prys: R200.00

Uitgawe: Eerste uitgawe

Uitgegee: 1972

Uitgewers: John Malherbe

ISBN: 0869660063

Kondisie: Stofomslag (aan die hardeband vasgeheg) in ‘n gemiddelde/goeie toestand – met plastiek bedek. Binnekant van die buiteblad bedek met plakkers en stempels – biblioteekboek. Afgesien van een of twee vlekkies, is die bladsye van die boek in ‘n baie goeie toestand – baie skoon en stewig gebind.

1 in stock

Description

Additional information

Weight 529 g