The Book Collector

The Book Collector

We find the books you can't.

Versamelde Gedigte – Uys Krige

R250.00

Uys Krige was ‘n Suid-Afrikaanse skrywer, digter, dramaturg, vertaler, rugbyspeler en oorlogskorrespondent.

In 1935 begin hy sy loopbaan as joernalis en verslaggewer vir die Rand Daily Mail. Hy was ook later letterkunderedakteur van die Verenigde Party se Kaapse middagblad, Die Suiderstem. Tydens die Tweede Wêreldoorlog was hy ‘n oorlogskorrespondent vir die Suid-Afrikaanse Weermag in Noord-Afrika.

As ‘n skrywer en digter was Krige uiters veelsydig – sy werke sluit in romans, kortverhale, gedigte en toneelstukke in beide Afrikaans en Engels. Krige word ook gereken onder die sogenaamde “Dertigers”, ‘n term wat gebruik word om na skrywers uit die dertigerjare te verwys.

Krige het vele werke deur William Shakespeare in Afrikaans vertaal, asook werke deur Federico Garcia Lorca, Pablo Neruda en Lope de Vega, uit die oorspronklike Spaans en werke deur Baudelaire, François Villon en Paul Éluard uit die oorpronklik Frans.

Prys: R250.00

Uitgawe: Eerste uitgawe

Uitgegee: 4 Februarie 1985 (by geleentheid van die skrywer se vyf-en-sewentigste verjaarsdag

Uitgewer: Gesamentlike uitgawe van J.L van Schaik, Human & Rousseau en Perskor-Uitgewers

ISBN: 0627014097 / 0798118431 / 0628029233

Kondisie: Hardeband en omslag in ‘n baie goeie kondisie, met baie geringe skaafmerkies op die rande. Intern in ‘n uitstekende toestand.

1 in stock

Description

Additional information

Weight 728 g