The Book Collector

The Book Collector

We find the books you can't.

Waar Jý Sterwe – Jan Rabie

R180.00

“Rabie se mees ambisieuse werk is die vyf dele van die Bolandia-reeks. Deur grepe uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis te neem, probeer hy sodoende om die werklike oorsprong van die Afrikaner se kultuur en die rassesituasie aan die bod te bring. Hy ondersoek die konflik tussen rasse reeds vanaf die blanke volksplanting en bied die verhaal meermale vanuit die inheemse volkere se standpunt aan, eerder as die normale blanke beskouing…

…Waar jý sterwe [Bolandia 3] verwys na Rut se bekende woorde uit die Bybel en impliseer dat daar ’n keuse gemaak moet word, soos Rut gedoen het, oor wie voortaan die ware volk sal wees. Al die protagoniste is in omstreeks 1800 reeds teenwoordig: die Khoi-nasie wat reeds basters of kleurlinge was, die Britte met lojaliteite wat niks met Afrika te doen het nie, die beleërde wit boere wat van alle kante bedreig word en die swart mense wat reeds van die noorde tot aan die Oosgrens gevorder het. Die hoofkarakter is die Baster Douw Prins, afstammeling van Thomas Muller wat ’n karakter in Die groot anders-maak was. Ouma Katryn is nou die dogtertjie wat in hierdie roman uit die verhouding tussen Thomas Muller en Keas gebore is. Katryn het twee kinders, die ligte Thomas en die donker Lea. Thomas trou met ’n ligte Baster meisie en hulle leef as blankes aan die Oosgrens, met sy blas seun, ook Thomas, wat met ’n wit meisie trou. Die donker Lea is getroud met ’n Khoi en hulle het vyf donker kinders, onder wie Douw Prins, wat met Rut Arendse trou (waar Rut se naam simboliese waarde aan die titel van die roman gee). Douw is deel van die al groter wordende gekleurde groep sonder identiteit en selftrots, wat hoofsaaklik met veragting bejeën word. Hierdie miskenning van sy menswaardigheid dwing Douw tot die verset en bitterheid in sy lewe, gemik beide teen die blankes en sy eie mense wat hulle die onderdanigheid laat welgeval. Hy verkry sy eie onafhanklikheid en vryheid, maar word juis daarom ’n eensame figuur wat nêrens in die gemeenskap inpas nie. Hy moet kies waar hy hoort, by die swart stamme van die Oosgrens of by die blankes. Die blankes bejeën hom met agterdog en die swartes is vir beide hom en die blankes ’n bedreiging. Douw word ook deur sy neef, Thomas Muller, verstoot en eindelik gedood. Hy vind dat haat ’n tiran en slawemeester is, waaruit jy slegs deur liefde verlos kan word en daardeur dan innerlike vryheid verkry. Hierdie boek word in Engels deur Rabie self as A man apart vertaal en later word die boek ook in Russies vertaal. Twaalf jaar na eerste publikasie word die roman vir gebruik op skole onder beheer van die Departement van Kleurlingsake voorgeskryf, maar word halfpad deur die jaar sonder opgaaf van redes skielik onttrek en teen hoë koste vervang, waarskynlik weens die gebruik van raspejoratiewe wat in die tydperk onder bespreking algemeen gangbare gebruik was.”

Prys: R180.00

Uitgawe: Tweede druk

Uitgegee: 1978

Uitgewers: Human & Rousseau

ISBN: 0798102845

Kondisie: Hardeband in ‘n baie goeie toestand, met baie geringe skaafmerkies op die hoeke van die buiteblad, en bo- en onderkante van die rugkant. Stofomslag in ‘n gemiddelde toestand, met skaafmerkies en klein skeurtjies om die rande. Intern in ‘n uitstekende toestand – baie skoon en stewig gebind.

1 in stock

Description

Additional information

Weight 563 g