The Book Collector

The Book Collector

We find the books you can't.

En die lekkerste deel van dood wees – Harry Kalmer

R220.00

En die lekkerste deel van dood wees is ‘n moordstorie met vyf kante.

“Liewe Dak, ek skryf maar vir jou, want ek het niemand anders om mee te praat nie,” skryf die 73-jarige Magdalena Otto ‘n paar maande voor sy wreedaardig vermoor word. ‘n Sinlose moord wat uiteindelik vir haar ‘n spreekbeurt gee. Want Magdalena se nagelate briewe sê meer oor haar liefde vir die lewe as oor haar dood.

Haar moordenaar, Basil Apollis, vertel sy lewensverhaal op band.

Haar seun, Kobus, skryf elke jaar op haar verjaardag vir sy dogter ‘n brief wat hy nooit pos nie.

Haar kleindogter, Camilla, is in rehab in die VSA.

Maar haar stil, onaardse man, Isak, weet dat stories baie verder reik as wat ons besef. Terug na ons ouers en grootouers, en vooruit na ons kinders en kleinkinders. Op ‘n manier wat ons nooit regtig sal verstaan nie, en ook nie kan beheer nie.

Daarom is En die lekkerste deel van dood wees meer as net ‘n moordstorie – dis ‘n viering van die lewe self.

Harry Kalmer is die skrywer van negentien toneelstukke en ses prosawerke. En die lekkerste deel van dood wees is aangewys as die naaswenner in die Sanlam/Insig Groot Romankompetisie.

Prys: R200.00

Uitgawe: Eerste uitgawe

Uitgegee: 2007

Uitgewers: Tafelberg

ISBN9780624045748

Kondisie: Sagteband in ‘n baie goeie toestand, met geringe skaafmerke (“shelf wear”) aan die rande van die omslag. Intern soos nuut.

1 in stock

Description

Additional information

Weight 345 g