The Book Collector

The Book Collector

We find the books you can't.

Die Afrikaanse Huisdokter – 3 Boekdele

R750.00

– ‘n Volledige gids vir gesondheid en siekteversorging met die laaste ontdekkings van die geneeskunde en beproefde geneeswyses deur uitstaande geneeshere en spesialiste –

“Hierdie boek is vir die volk geskryf. Dit gaan uit van die standpunt dat elke man en vrou – die boer en die bywoner die beroepsman en die klerk die mynwerker en die mynbaas sowel as die geneesheer en die predikant die reg het op elke kennis wat hy op enige gebied kan verkry en hierop maak die geneeskunde seker nie ‘n uitsondering nie. Die sorg vir die gesondheid van die mens is nie meer soos in die ou dae die voorreg van die priesters of selfs van die geneeshere nie maar dit is die plig van die enkeling om sorg te dra vir sy eie gesondheid en vir die liggaamlike en geestelike gesondheid en welsyn van die persone waarvoor hy verantwoordelik is. Elke persoon het sy eie liggaamstelsel en dit is sy verantwoordelikheid om dit in ‘n goeie toestand te hou. Om dit te kan doen het hy nie net verstand en verantwoordelikheidsin nodig nie maar ook ‘n grondkennis van die samestelling en verrigtings van sy eie liggaam. Die tye van kwaksalwery en toorgeneeskunde is verby en vandag is dit nog net korrekte kennis en ervaring wat tel. Die mediese vakkundiges wat hierdie boek geskryf het het hulle tot taak gestel om die noodsaaklike en verantwoorde kennis vir die gesondheid van elke volksgenoot tot in die verste afgeleë plaashuise te bring.”

Prys: R750.00

Uitgawe: Eerste uitgawe

Uitgegee: 1957

Uitgewer: Humphris-Allen, Waverley

Kondisie: Hardeband met skaafmerke aan die rande van die omslag, bo- en onderkant van die rugkant, en voumerk langs die rugkante af. Oorgetrek in plastiek. Boekdele 1 en 3 het kraakmerke aan die binnekante van die omslag, met die omslag steeds stewig gebied. Uitvou-plate van die menslike liggaam in boekdeel 1 is ietwat los en moet versigtig hanteer word. Verbruining van die bladsye, andersins skoon en stewig gebind.

1 in stock

Description

Additional information

Weight 4000 g