The Book Collector

The Book Collector

We find the books you can't.

Kinkels & Karakters – Jacko Maree

R300.00

“Tussen die buiteblaaie maak die skrywer wye draaie en vertel sonder skroom in fyn besonderhede van kleintyd-gewaarwordinge, karakters wat sy pad deur die jare gekruis het en van grootmensdinge wat hom laat tob en wonder… soos die ‘skok’-staaltjie van Ou Toet by die plaastuin se voorhekkie. Dr Moroka van Thaba ‘Nchu. En sy studentedae, sy dae as prokureur, stadsraadslid, lid van die parlement en daarna.

Die kinkels en karakters in hierdie boek word kleurvol en sielvol weergegee, prikkel dikwels die lagspiere – en laat jou selfs hier en daar bloos.

Name en byname verskaf volop vermaak. Makolobane, sy grootwordplaas, is ‘n naam wat weer en weer met onmiskenbare heimwee opduik en wat in jou gedagtes van die tong af rol.  “Byname is soos klitsgras: dit kleef, ongeag hoe dit by jou uitkom.  Billik of onbillik is nie ter sake nie. Hy vertel hoekom hy ‘Jacko’ geword het; en hoe Danny Holt onverdiend ‘Daddy’ Holt word.

Heilige koeie word minder heilig, dog met deernis. En homself ontsien hy nie…”

– Lisel Krige

Prys: R300.00

Uitgawe: Eerste Uitgawe

Uitgegee: 2021

Uitgewers: Jacko Maree

ISBN: 9780620929325

Kondisie: Nuut

10 in stock

Description

Additional information

Weight 300 g