The Book Collector

The Book Collector

We find the books you can't.

Dingaansfees 1946

R200.00

“In Desember 1838 het ‘n kommando Trekkers teen die Zulukoning Dingane (c. 1795-1840) se leër opgetrek, nadat die Trekkers gevoelige verliese onder dié strydmag gely het. Omdat hulle teen ‘n oormag Zulukrygers te staan sou kom, het die Trekkers hulle onder leiding van A.W.J. Pretorius (1798-1853) en S.A. Cilliers (1801-1871) met ‘n gelofte tot God verbind. Die presiese woorde is nie aangeteken nie, maar ooggetuies se latere weergawes hiervan, dui aan dat God se hulp gevra is om die oorwinning oor die Zululeër te behaal. Indien dit sou gebeur, sou die Trekkers en hulle nageslagte die dag van die sege jaarliks aan God alleen wy. Die oorwinning is op 16 Desember 1838 tydens die Slag van Bloedrivier verwerf en die eerste nakoming van die Gelofte het dieselfde dag nog op die slagveld plaasgevind. So het die oudste Afrikanervolksfees, later bekend as Dingaans- of Geloftedag, ontstaan.”

Prys: R200.00

Uitgewers: Dingaansdag-Propageringsgennotskap

Kondisie: Gekramde sagteband pamflet met skeure om die rande. Onderkant van die rugkant (twee buiteblaaie) versterk met kleefband. Bladsye verbruin a.g.v. ouderdom, maar andersins in ‘n baie goeie toestand – skoon en stewig gebind.

1 in stock

Description

Additional information

Weight 80 g